Job 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir die Satan gesê: Waar kom jy vandaan? Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Van heen en weer op die aarde en van heen en weer daarin wandel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Waar was jy heeltyd?” vra die Here vir die aanklaer. Die aanklaer antwoord die Here: “Ek het heen en weer oor die aarde gereis en gekyk wat daar aangaan.”
Afrikaans 1933/1953
Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
Afrikaans 1983
Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here sê toe vir die satan: “Waar kom jy vandaan?” Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Van rondswerf op die aarde en daar rondloop.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?” Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir hom gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het geantwoord: “Ek het heen en weer en kruis en dwars oor die aarde rondgegaan.”