Job 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir die Satan: Het jy ag geslaan op my kneg Job, dat daar niemand soos hy op die aarde is nie, 'n opregte en opregte man, een wat God vrees en wat die kwaad vermy?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here vra toe vir die aanklaer: “Het jy vir Job opgemerk? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy aanbid My en vermy die kwaad.”
Afrikaans 1933/1953
En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
Afrikaans 1983
Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir die satan gesê: “Het jy kennis geneem van my dienskneg Job? Daar is immers niemand soos hy op aarde nie. Hy is onberispelik in sy optrede en opreg, 'n man wat vir God ontsag het en die kwaad vermy.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is 'n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen nie verkeerd nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het toe vir die Satan gevra: “Het jy miskien vir Job raakgesien? Hy behoort aan My en doen net wat Ek hom vra om te doen. Op die hele aarde is daar nie ’n mens wat sy gelyke is nie. Hy lei ’n skoon en eerlike lewe. Hy doen ook nie verkeerde dinge nie. Hy dien My en hy bly van slegte en verkeerde goed af weg.”