Job 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarom het U my dan uit die moederskoot uitgelei? Ag, dat ek die gees opgegee het, en geen oog my gesien het nie!
Afrikaans (NLV) 2011
Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie?
Afrikaans 1933/1953
Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.
Afrikaans 1983
“Waarom het U my in die wêreld laat kom? Ek moes liewer gesterf het voordat 'n oog my kon sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Waarom het U my uit die baarmoeder laat gaan? Ek moes omgekom het, en geen oog moes my gesien het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoekom het U gesê ek moet gebore word? Ek wens dat ek gesterf het voordat iemand my gesien het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoekom het U toegelaat dat ek gebore word? Ek moes dood gewees het voordat enigiemand my gesien het.