Job 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Trek u hand ver van my af, en laat u vrees my nie verskrik nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Vat net u hand weg van my en moet my nie verskrik met u ontsagwekkende teenwoordigheid nie.
Afrikaans 1933/1953
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
Afrikaans 1983
neem u straf van my af weg en moenie dat die skrik vir U my oorval nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U hand, hou dit ver van my, en u verskrikking, laat dit my nie ontstel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moenie my nog straf nie en U moenie vir my bangmaak vir U nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Eerstens vra ek dat U my nie meer so swaar sal laat ly nie. Tweedens, moenie dat u geweldige teenwoordigheid my so bangmaak nie.