Job 14:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U oorwin hom vir ewig, en hy gaan verby; U verander sy aangesig en laat hom weg.
Afrikaans (NLV) 2011
U oorweldig hulle altyd, en hulle verdwyn van die toneel. U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg.
Afrikaans 1933/1953
U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
Afrikaans 1983
U oorweldig hom vir altyd en hy verdwyn, hy kom te sterwe, U neem hom weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U oorweldig hom vir altyd, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U vat die mens weg vir altyd, en hy gaan, hy lyk nie meer soos hy gelyk het nie, U stuur hom weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U oorweldig mense en dan verdwyn hulle heeltemal van die toneel af. U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg.