Job 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal ydele woorde 'n einde hê? of wat versterk jou dat jy antwoord?
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan julle nooit ophou met julle dwase gepraat nie? Wat dryf julle dat julle so eindeloos aanhou praat?
Afrikaans 1933/1953
Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
Afrikaans 1983
Kom daar dan geen einde aan julle sinlose gepraat nie? Wat pla julle dat julle die laaste woord wil hê?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nou die einde van jou woorde van wind? Of wat dryf jou dat jy bly antwoord?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoekom wil julle nie ophou om dinge te sê wat niks beteken nie? Hoekom hou julle aan om so te praat?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer gaan julle end kry met julle sinlose gebabbel? Maak my woorde julle siek dat julle voel julle moet antwoord?