Job 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My oog is ook dof vanweë droefheid, en al my lede is soos 'n skaduwee.
Afrikaans (NLV) 2011
My oë is dof gehuil, en ek is net maar ’n skadu van my ou self.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.
Afrikaans 1983
My oë het swak geword van die swaarkry, my liggaam is net 'n skaduwee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My oë is dof van leed; al my ledemate is maar net soos 'n skaduwee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek kry so swaar dat ek amper nie meer kan sien nie, my liggaam is soos 'n skaduwee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My oë is al dof van al die gehuil. Ek is so maer, ek is net ’n skaduwee van wat ek vroeër was.