Job 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar was weer 'n dag dat die seuns van God gekom het om hulle voor die HERE te stel, en die Satan het ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
Afrikaans (NLV) 2011
Eendag was die hemelwesens* weer voor die Here. Die aanklaer was ook tussen hulle.
Afrikaans 1933/1953
En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
Afrikaans 1983
Toe die hemelwesens weer op 'n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe, op 'n dag, het die hemelwesens gekom om by die Here hulle plekke in te neem. Die satan het ook saam met hulle gekom om sy plek by die Here in te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Eendag het die engele weer voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom om voor God te kom staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het die inwoners van die hemel weer na die Here toe gekom. Die Satan was saam met hulle daar. Hy het mense gewoonlik aangekla.