Job 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy sê vir haar: Jy praat soos een van die dwase vroue praat. Wat? sal ons die goeie uit die hand van God aanneem en nie die kwaad aanneem nie? In dit alles het Job nie met sy lippe gesondig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat God glad nie ken nie. Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” Job het steeds niks verkeerds gedoen of gesê nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar hy antwoord haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Afrikaans 1983
Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het egter vir haar gesê: “Jy praat soos een van die dwase vroue praat. Die goeie wat van God kom, dié aanvaar ons, maar die slegte – moet ons dit nie ook aanvaar nie?” Ondanks dit alles het Job nie met 'n enkele woord gesondig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Job het vir sy vrou gesê: “Jy praat nou soos 'n dwaas. Ons aanvaar die goeie dinge wat God vir ons gee, ons moet ook die slegte dinge aanvaar wat Hy vir ons gee.” Terwyl alles gebeur het, het Job niks verkeerd gesê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat net mooi niks verstaan nie. As die Here vir ons goeie dinge gee, vat ons dit sonder om twee keer daaroor te dink. Dink jy dan nie dat ons dit moet aanvaar as Hy ook slegte dinge met ons laat gebeur nie?” Al het al hierdie slegte dinge met Job gebeur, het hy steeds nie iets verkeerds gesê nie.