Job 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Job se drie vriende hoor van al hierdie onheil wat hom oorgekom het, het hulle elkeen uit sy eie plek gekom; Elifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; want hulle het saam 'n afspraak gemaak om saam met hom te treur en hom te troos.
Afrikaans (NLV) 2011
Drie van Job se vriende was Elifas uit Teman, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die tragedies wat Job getref het. Toe het hulle mekaar ontmoet en saam na Job gekom om hom te troos en te bemoedig.
Afrikaans 1933/1953
En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: lifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.
Afrikaans 1983
Drie van Job se vriende het verneem van al die rampe wat hom oorgekom het. Hulle het elkeen van sy eie plek af gekom, Elifas uit Teman, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het afgespreek om deelneming met hom te betuig en hom te troos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Drie van Job se vriende het gehoor van al die teenspoed wat hom oorgekom het. Hulle het toe van die plekke waar hulle woon, Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, op 'n bepaalde plek byeengekom om met hom meegevoel te gaan betuig en hom te gaan bemoedig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Drie van Job se vriende het gehoor van die slegte dinge wat met hom gebeur het. Elkeen het van sy woonplek gekom, Elifas het van die land Teman gekom, Bildad van die land Suag en Sofar van die land Naäma. Hulle het saam besluit om vir Job te wys dat hulle jammer is vir Job, hulle wou hom troos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Job het drie vriende gehad wat vir hom kom kuier het. Hulle was Elifas, wat uit Teman gekom het, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die slegte dinge wat Job oorgekom het. Hulle het op ’n tyd besluit en saam vir Job kom kuier. Hulle wou graag vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor wat met hom gebeur het en hom kom moed inpraat.