Job 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle hul oë van ver opslaan en Hom nie ken nie, het hulle hul stem verhef en geween; en hulle het elkeen sy mantel geskeur en stof op hul koppe na die hemel gesprinkel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het Job al van ’n afstand af gesien, maar hulle het hom nie eens herken nie. Toe het hulle hardop begin huil, hulle klere geskeur en stof op hulle koppe gegooi, so hartseer was hulle oor Job se situasie.
Afrikaans 1933/1953
En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
Afrikaans 1983
Toe hulle hom op 'n afstand sien, het hulle hom eers nie herken nie. Daarna het hulle hardop begin huil, hulle klere geskeur en stof in die lug en op hulle koppe gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hulle van ver af opkyk en hom nie eens herken nie, het hulle hardop gehuil. Hulle het elkeen sy mantel geskeur, en hulle het stof in die lug op gegooi, oor hulle koppe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hulle nog ver van Job was en hulle sien hom, het hulle hom nie geken nie, Job het anders gelyk. Hulle het hard begin huil. Hulle het hulle klere geskeur en hulle het stof op hulle koppe gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hulle Job op ’n afstand sien sit, kon hulle hom skaars herken, in so ’n toestand was hy. Hulle het bitterlik begin huil. Om te wys dat dit vir hulle soos dood was, het hulle hulle klere geskeur en as op hulle koppe gegooi.