Job 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het toe sewe dae en sewe nagte saam met hom op die grond gaan sit, en niemand het 'n woord met hom gespreek nie, want hulle het gesien dat sy smart baie groot was.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het hulle sewe dae en sewe nagte lank op die grond by Job gesit. Nie een kon ’n woord teenoor hom uitkry nie. Hulle kon sien dat Job se smart te groot is vir woorde.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.
Afrikaans 1983
Sewe dae en sewe nagte lank het hulle op die grond by hom gesit sonder om 'n woord met hom te praat, want hulle het gesien dat sy smart baie groot is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het saam met hom op die grond gesit – sewe dae en sewe nagte lank. Niemand het 'n woord met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat die pyn ondraaglik erg was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Job se vriende het sewe dae en sewe nagte lank by Job op die grond gesit. Hulle het niks met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat hy baie swaar kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het toe vir sewe dae en nagte by hom op die grond gaan sit. Nie een van hulle het ’n woord gesê nie: hulle het tjoepstil gebly. Hulle kon sien dat sy pyn en lyding bitter groot was. Dit was beter om nie te praat nie.