Job 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Satan het die HERE geantwoord en gesê: Vel vir vel, ja, alles wat 'n mens het, sal hy vir sy lewe gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Die aanklaer antwoord die Here: “Hy dien U maar net omdat U dit goed laat gaan met hom.* ’n Mens sal immers enigiets gee om sy lewe te red!
Afrikaans 1933/1953
Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
Afrikaans 1983
Die Satan sê toe vir die Here: “Dit bewys nog niks. 'n Man sal mos alles gee wat hy het, as hy net kan bly lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die satan het die Here geantwoord; hy het gesê: “Dit is maar 'n vel vir 'n vel. Alles wat aan 'n mens behoort, sal hy gee in ruil vir sy lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die Satan vir die Here: “Maar Job self is nog sterk en gesond. 'n Mens sal alles wat hy het, gee om te kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Satan het die Here geantwoord: “Dit bewys niks nie. Hy leef reg voor U net omdat dit hom pas. ’n Mens sal enigiets prysgee as dit waarborg dat jy sal bly lewe.