Job 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar steek nou jou hand uit en raak sy been en sy vlees aan, en hy sal jou in jou aangesig vloek.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar tas hom aan en vat sy gesondheid weg, dan sal U sien hoe vloek hy U in u gesig!”
Afrikaans 1933/1953
maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan -- waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
Afrikaans 1983
Maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U dan nie in u gesig vervloek nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar steek net u hand uit en tas sy beendere en sy vleis aan – hy sal U beslis in u gesig vloek. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as U iets doen aan Job se liggaam, dan sal hy U vervloek, dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar vat net sy gesondheid weg en hy sal U in u gesig slegsê!”