Job 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het die Satan weggegaan van die aangesig van die HERE en Job met swere getref van sy voetsool tot by sy kroon.
Afrikaans (NLV) 2011
Die aanklaer is toe weg van die Here af. Hy het Job met pynlike swere getref. Sy hele lyf was oortrek van die swere.
Afrikaans 1933/1953
En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
Afrikaans 1983
Die Satan het van die Here af weggegaan en vir Job met pynlike swere getref, van sy kop tot sy tone.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die satan het toe uitgegaan, weg van die Here af. Hy het Job getref met dodelike swere, van kop tot tone.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Satan het weggegaan van die Here en hy het vir Job siek gemaak. Job het slegte sere aan sy hele liggaam gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Satan is toe daar weg. Hy het Job in die hande gekry en hom siek gemaak. Sy hele lyf, van sy kop tot sy tone, het vol sere geword.