Job 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy vrou vir hom: Behou jy nog jou onkreukbaarheid? vloek God en sterf.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy vrou vra hom: “Hoekom hou jy aan om die Here te dien? Vloek God en sterf!”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf!
Afrikaans 1983
En sy vrou het vir hom gesê: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy vrou het vir hom gesê: “Volhard jy steeds in jou onberispelike optrede? Vloek God, en sterf!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy vrou het vir hom gesê: “Hoekom hou jy aan om 'n goeie man te wees? Jy moet vir God vervloek. Dan kan jy sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy vrou het met hom gepraat en gevra: “Bly jy nog steeds by wat jy glo reg is, Job? Hoekom vloek jy nie die Here en kry klaar en gaan dan dood nie.”