Job 26:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die pilare van die hemel bewe en is verstom oor sy teregwysing.
Afrikaans (NLV) 2011
Die fondamente van die hemel bewe, hulle is verstom as Hy hulle bestraf.
Afrikaans 1933/1953
Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
Afrikaans 1983
Die pilare van die hemel skud, hulle sidder vir sy dreigende woede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die pilare van die hemel wankel en staan verslae deur sy dreiging.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer God kwaai praat, dan skud en bewe die pilare waarop die hemeldak staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die pilare waarop die hemel staan, sidder en bewe vir sy kwaai woorde.