Job 27:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verskrikkinge gryp hom soos waters, 'n storm sluip hom weg in die nag.
Afrikaans (NLV) 2011
Angs oorweldig hulle soos ’n vloed en die storm waai hulle weg in die nag.
Afrikaans 1933/1953
Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
Afrikaans 1983
Die angs oorval hom soos 'n vloed, 'n orkaan voer hom weg in die nag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos vloedwaters oorval verskrikkinge hom; snags voer 'n stormwind hom mee;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy word skielik baie bang, so bang soos wanneer water oor hom spoel, die stormwind waai hom weg in die nag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle word deur rampe getref wat soos vloedwater oor hulle spoel. In die nag word hulle deur ’n stormwind weggewaai.