Job 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want nou sou ek stil gelê en stil gewees het, sou ek geslaap het; as ek dan gerus was,
Afrikaans (NLV) 2011
Want dan sou ek in vrede in die graf kon lê, en rustig in die dood geslaap het
Afrikaans 1933/1953
Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
Afrikaans 1983
Anders kon ek nou stil in die graf gelê het, rustig in die dood geslaap het
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, anders sou ek nou kon lê en in vrede rus, ek sou kon slaap. Daar sou vir my rus wees
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As dit nie gebeur het nie, dan het ek stil in die graf gelê, dan het ek geslaap en gerus
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ek by my geboorte dood is, sou ek nou geslaap het. Ek sou rus en vrede gehad het.