Job 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat smag na die dood, maar dit kom nie; en grawe daarvoor meer as na verborge skatte;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wens dat hulle kan doodgaan, maar die dood ontwyk hulle. Hulle soek die dood eerder as verborge skatte.
Afrikaans 1933/1953
wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
Afrikaans 1983
aan iemand wat tevergeefs hunker na die dood, wat daarna soek soos na 'n verborge skat,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat wag vir die dood, maar dit kom nie; hulle wat dieper daarna delf as na verborge skatte;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
iemand wat wens dat hy sterf, maar die dood kom nie? Hoekom laat God iemand lewe wat graag wil sterf en wat nie wil soek na kosbare goed nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle wens hulle kan doodgaan, maar dit gebeur nie. Hulle wil so graag doodgaan dat dit erger is as iemand wat fanaties na ’n skat soek.