Job 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat duisternis en doodskaduwee dit bevlek; laat 'n wolk daarop woon; laat die donkerte van die dag dit verskrik.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag duisternis en donkerte dit weer opeis en ’n wolk dit oorskadu. Mag donkerte die dag verskrik.
Afrikaans 1933/1953
Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
Afrikaans 1983
Donkerte en duisternis moes dit opgeëis het, wolke moes daaroor toegetrek het, sonsverduistering moes dit oorval het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag donker, ja, stikdonkerte dit opeis, mag wolke daarop toesak; mag 'n verduistering van die dag dit verskrik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daardie dag moes donker gebly het, baie donker, wolke moes dit toegemaak het, die son moes donker gebly het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat donkerte my geboortedag insluk. Laat donker wolke dit toemaak. Die donkerte moet die lig wegdryf.