Job 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, laat daardie nag alleen wees, laat geen vrolike stem daarin kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Mag daardie nag onvrugbaar gebly het. Mag dit vir niemand enige vreugde bring nie.
Afrikaans 1933/1953
Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
Afrikaans 1983
“Ja, daardie nag moes niemand gebore gewees het nie, daar moes geen blydskap gewees het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juis daardie nag – mag dit onvrugbaar wees, mag uitroepe van vreugde nie daarin opklink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daardie nag moes die laaste nag gewees het, niemand moes toe bly gewees het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit sou beter gewees het as ek nooit daardie nag gebore is nie. Niemand moes bly gewees het omdat ek gebore is nie.