Job 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat hulle dit vervloek wat die dag vervloek, wat gereed is om hul rou te wek.
Afrikaans (NLV) 2011
“Mag mense wat dae vervloek, ook hierdie dag vervloek, so ook die mense wat die seemonster* kan oproep.
Afrikaans 1933/1953
Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits.
Afrikaans 1983
Wie dae vervloek, moes ook dié dag vervloek het, hulle moes die Leviatan aangehits het om dit te vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag hulle wat dae vervloek, dit verdoem, hulle wat die kuns verstaan om Leviatan wakker te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat dae vervloek, die mense wat weet hoe om die Leviatan wakker te maak, hulle moes ook daardie dag vervloek het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is mense wat weet hoe om vloeke uit te roep. Hulle is die mense wat ook weet hoe om die seemonster op te roep. Laat hulle my geboorte vervloek!