Job 30:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Het ek nie gehuil oor hom wat in die moeilikheid was nie? was my siel nie bedroef oor die armes nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Het ek nie gehuil oor mense wat swaarkry nie? Was ek nie hartseer oor arm mense se lyding nie?
Afrikaans 1933/1953
Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?
Afrikaans 1983
Het ek nie trane gestort vir dié wat swaarkry nie, het ek nie meegevoel betoon met die armes nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Het ek nie gehuil oor dié wat moeilike tye beleef nie? Was my hart nie treurig oor behoeftiges nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gehuil saam met die mense wat 'n moeilike lewe gehad het, ek was altyd jammer vir arm mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het mos gehuil oor mense wat deur swaar tye gegaan het. Ek was ook baie ontsteld omdat die arm mense so swaarkry.