Job 31:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is vernietiging nie vir die goddelose nie? en 'n vreemde straf vir die werkers van ongeregtigheid?
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is ellende vir die kwaaddoener en rampe vir die boosdoener.
Afrikaans 1933/1953
is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
Afrikaans 1983
Vernietiging tref immers die bóósdoener, 'n ongeluk dié wat onreg doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie teenspoed vir 'n boosdoener, en rampe vir wie onreg pleeg nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit moet sleg gaan met mense wat verkeerd doen. Mense wat slegte dinge doen, moet swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is dit nie ellende en mislukking vir mense wat nie reg doen nie, maar hulle met slegte dinge besig hou?