Job 36:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Begeer nie die nag wanneer mense in hulle plek afgesny word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie wens dat die nag kom nie. Dis juis dan dat mense vernietig word.
Afrikaans 1933/1953
Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
Afrikaans 1983
Moenie smag na die donker van die nag, die tyd wanneer mense sterf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moenie smag na die nag, om mense uit hulle blyplek te verwyder nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie verlang na die donker, na die tyd wanneer God mense wegneem nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie wens dat dit nag moet word nie, want dit is juis die tyd dat mense doodgaan.