Job 36:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, God is magtig en verag niemand nie; Hy is magtig in krag en wysheid.
Afrikaans (NLV) 2011
God is magtig, tog verag Hy niemand nie! Hy is magtig in sowel krag as begrip.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand.
Afrikaans 1983
God is magtig maar Hy sien op niemand neer nie; Hy is magtig en sy wysheid is groot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, God is magtig, maar Hy verwerp niemand nie – magtig, met 'n hart wat sterk is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet onthou, God is sterk, Hy dink nie dat party mense minder belangrik is nie. Hy het baie krag en wysheid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“God is groot, en tog sien Hy op niemand neer nie. Hy het groot mag en verstaan alles.