Job 39:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Klim die arend op u bevel en maak sy nes in die hoogte?
Afrikaans (NLV) 2011
Opgewonde kap sy pote die grond. Hy storm vorentoe in die geveg wanneer die trompet blaas.
Afrikaans 1933/1953
Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
Afrikaans 1983
Opgewonde en oorgehaal kap-kap hy die grond, hy kan nie wag vir die blaas van die trompet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onstuimig jaag hy met 'n gedruis 'n stuk aarde af; hy staan nie stil wanneer die •ramshoring opklink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy kan nie stilstaan nie, hy is gereed om te hardloop wanneer die ramshoring blaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy skud en bewe van spanning en kap in die grond. Hy kan nie wag dat hulle die trompet blaas wat die teken gee om aan te val nie.