Job 40:28 — Compare Translations

5 translations compared side by side

Afrikaans (NLV) 2011
Jy probeer verniet om hom te vang. Die jagter is oorweldig as hy hom net sien.”
Afrikaans 1983
Jy sal die slegste daarvan afkom. Wanneer jy hom sien, is jy al klaar oorweldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, enige verwagting om hom te vang, is misplaas. Sal selfs net sy voorkoms nie 'n mens laat neerslaan nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet dit weet, jy sal nie kan wen nie, jy sal val wanneer jy net kyk na hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nee, niemand het ’n kans om die draak te vang nie. As jy hom sien, sak jou moed al in jou skoene.