Job 41:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Lê jou hand op hom, dink aan die geveg, doen nie meer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sluit so dig opmekaar; hulle skakel inmekaar en kan nie geskei word nie.
Afrikaans 1933/1953
Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
Afrikaans 1983
die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle kleef aan mekaar, sluit so dig dat hulle nie geskei kan word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die skubbe is so vas teen mekaar dat niemand hulle kan losmaak van mekaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die skubbe sluit so dig teen mekaar dat niks tussen hulle kan inkom nie. Hulle kan nie van mekaar losgemaak word nie.