Job 42:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor tog, en ek sal spreek; ek sal van jou eis en jou aan my verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011
“U het gesê: ‘Luister, want Ek wil praat! Ek sal jou vra, en jy moet My antwoord.’
Afrikaans 1933/1953
Hoor tog, en,k sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!
Afrikaans 1983
U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister, en ek sal praat! U het gesê, ‘Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het gesê ek moet luister, U sal vra, dan moet ek antwoord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“U het gesê: ‘Luister net ’n slag as Ek praat. Ek het vrae vir jou wat Ek wil hê jy moet antwoord.’