Job 6:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, julle oorweldig die wees, en julle grawe 'n put vir jou vriend.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle dobbel oor die toekoms van ’n weeskind. Julle sal selfs julle vriend vir geld verkoop.
Afrikaans 1933/1953
Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.
Afrikaans 1983
Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskind en verkwansel julle vriend vir wins.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs oor 'n vaderlose kind sal julle die lot werp, en julle vriend verhandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal lootjies trek oor 'n weeskind, julle sal julle vriend verkoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle trek oor ’n weeskind lootjies. Julle is selfs bereid om ’n vriend vir wins te verkoop.