Joel 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Skaam julle, o landbouers! huil, o wynboere, oor die koring en oor die gars! want die oes van die land is vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Gee moed op, julle saaiboere! Kla, wynboere! Die koring en die gars — om die waarheid te sê, die hele oes — is vernietig.
Afrikaans 1933/1953
Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.
Afrikaans 1983
Julle moet verslae staan, saaiboere, oor die koring en die gars, want die oes op die land is tot niet. Kla, vrugteboere,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Staan verslae, saaiboere; huil verdrietig, wingerdboere, oor die koring en die gars, want die oes op die land is verlore.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die boere weet nie wat om te doen nie, hulle huil oor die koring en die gars, want in die grond groei niks wat hulle kan afsny nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Begin huil, saaiboere, want die koring en die gars, ja, al die oeste is daarmee heen. Huil, vrugteboere,