Joel 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wingerdstok het opgedroog, en die vyeboom kwyn; die granaatboom, ook die palmboom en die appelboom, al die bome van die veld, het verdor, want die vreugde het verdor van die mensekinders.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wingerde en die vyebome het verdroog en verdor. Die granaatbome, palmbome en die appelbome, al die vrugtebome het verdroog. Alle blydskap het daarmee saam verdwyn.
Afrikaans 1933/1953
Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.
Afrikaans 1983
die wingerd het verdor; die vyeboom staan verdroog, die granaat, die dadel en die appel, ja, al die bome in die boord het verdor. Daar het 'n einde gekom aan die vreugde van die mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die wingerdstok het verdor en die vyeboom het verwelk, die granaat, selfs die palm en die appelboom. Al die bome van die veld het verdroog; ja, die mense se vreugde het ook opgedroog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wingerde en die vyebome is droog en dood, en ook die granaatbome, die palmbome en die appelbome. Al die bome is droog en dood. Daar is niks waaroor die mense bly kan wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
want die wingerde en die vyeboorde het almal van droogte doodgegaan; al die granaat-, dadel- en appelbome, ja, al die bome in julle boorde het verdroog en is besig om dood te gaan. Boonop het die mense se vreugde heeltemal opgedroog.