Joel 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omgord julle en weeklaag, priesters; huil, dienaars van die altaar; kom lê die hele nag in rouklere, dienaars van my God, want die spysoffer en die drankoffer word van die huis van julle God teruggehou.
Afrikaans (NLV) 2011
Trek rouklere aan en treur, priesters! Huil, julle wat diens doen by die altaar! Julle wat in diens van my God is, kom met julle rouklere aan en bring die nag hier deur! Daar is nie graan of wyn om te offer by die tempel van julle God nie.
Afrikaans 1933/1953
Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.
Afrikaans 1983
Trek rouklere aan, treur, priesters! Kerm, julle wat diens doen by die altaar! Dra julle rouklere selfs snags, julle wat in die diens van my God is: die graanoffer en die drankoffer is weggeneem uit die huis van julle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Trek rouklere aan en weeklaag, priesters; huil, julle wat diens doen by die altaar. Kom, bring die nag deur in rouklere, julle wat in diens van my God staan, want •graanoffer en drankoffer word weerhou van die huis van julle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters wat by die altaar werk, moet rouklere aantrek, hulle moet huil en treur. Hierdie mense wat vir my God werk, moet rouklere aantrek ook wanneer hulle gaan slaap, want daar is nie koring-offers en drank-offers in die tempel van hulle God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Trek vir julle rouklere aan en treur, priesters, julle wat die offers op die altaar moet bring. Huil die hele nag deur daar waar julle God dien, want daar is niks meer koring of wyn oor om in die huis van julle God aan Hom te offer nie.