Joel 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Heilig 'n vasdag, roep 'n plegtige byeenkoms, versamel die oudstes en al die inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE,
Afrikaans (NLV) 2011
Kondig ’n vasdag aan. Roep die gemeente saam. Bring die leiers en al die inwoners van die land by die tempel van die Here julle God bymekaar. Roep tot die Here!
Afrikaans 1933/1953
Heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.
Afrikaans 1983
Bepaal 'n vasdag, roep die gemeente bymekaar, bring die leiers en al die inwoners van die land na die huis van die Here julle God toe. Roep tot die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bepaal 'n heilige vastyd, roep 'n gewyde byeenkoms uit. Laat die oudstes en al die inwoners van die land saamkom in die huis van die Here julle God, en roep om hulp tot die Here!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet 'n dag aan die Here wy en almal moet op daardie dag vas. Hulle moet die leiers en almal wat in die land woon, bymekaarmaak in die tempel van hulle God die Here, en dan moet hulle vir die Here vra om hulle te help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Roep nou dadelik ’n vasdag uit. Almal moet uit berou oor hulle sondes ophou eet. Belê ’n gemeentevergadering. Kry die leiers en die hele volk in die woonplek van die Here julle God bymekaar. Pleit by die Here om weer goed te wees vir julle.