Joel 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is die vleis nie voor ons oë afgesny nie, ja, vreugde en blydskap uit die huis van onse God nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het toegekyk terwyl ons kos voor ons oë verdwyn. Blydskap en vreugde het uit die huis van ons God verdwyn.
Afrikaans 1933/1953
Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?
Afrikaans 1983
Voor ons oë is ons kos weggevat; blydskap en gejuig het uit die huis van ons God verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is die kos nie voor ons oë vernietig, en het die vreugde en blydskap nie uit die huis van ons God verdwyn nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons sien daar is niks om te eet nie. Niemand is bly in die tempel van ons God nie, niemand juig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons staan en kyk hoe ons kos voor ons oë verdwyn. Ons het niks meer om oor bly te wees wanneer ons in die woonplek van ons God bymekaarkom nie.