Joel 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die saad is vrot onder hulle kluite, die skure is woes gelê, die skure is afgebreek; want die koring is verdor.
Afrikaans (NLV) 2011
Niks kom van die saad onder die kluite nie. Die skure en die meule staan leeg en verlate, want die koringoes het misluk.
Afrikaans 1933/1953
Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
Afrikaans 1983
Die saad lê verskrompel onder die kluite, die graanskure lê verlate, die skure lê afgebreek, want die koringoes het misluk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die saad lê uitgedroog onder die kluite, die stoorplekke staan verlate, die graanskure is verwoes; want die koring het verdor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koringsaad lê nog onder die droë grond, die stoorkamers is leeg, die plekke waar ons koring bêre, val inmekaar, want daar is nie koring nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die saad gaan dood op ons lande. Ons gaan geen oeste hê nie. Daarom staan die skure leeg, want daar is nie koring om daarin te bêre nie.