Joel 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe kreun die diere! die troppe vee is verward, omdat hulle geen weiveld het nie; ja, die troppe skape het verlate gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe bulk die beeste nie van die honger nie! Die vee maal verward rond, want daar is geen weiding meer vir hulle nie. Selfs die troppe skape ly onder die straf.
Afrikaans 1933/1953
Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.
Afrikaans 1983
Die vee bulk en blêr: die troppe beeste dwaal rond, want hulle het niks om te vreet nie, ook die kleinveetroppe kry swaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoor hoe kla die diere, die beestroppe maal rond omdat daar nie weiding vir hulle is nie, selfs die troppe kleinvee kry swaar!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die beeste bulk en raas, hulle loop oral rond, want daar is niks om te vreet nie. Die skape en bokke kry ook swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vee bulk en blêr van die honger. Die beeste dwaal oral rond op soek na iets om te vreet, want daar is nie meer kos nie. Tot die kleinvee kry al swaar.