Joel 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O HERE, ek roep tot U, want die vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en die vlam het al die bome van die veld verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011
Here, ons God, help ons! Vuur het al ons weiding verbrand en die bome in die veld verskroei.
Afrikaans 1933/1953
Tot U, o HERE, roep ek, want 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en 'n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Afrikaans 1983
Ek roep tot U, Here, want 'n vuur het die weiveld verteer, 'n brand het al die bome in die veld weggebrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Tot U, Here, roep ek! Want vuur het die weiding in die woestyn verteer, vlamme het al die bome in die veld verskroei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, ek bid tot U, help ons. 'n Vuur het al die bome en die veld afgebrand waar die diere wei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Help ons, Here! Ons weivelde en ons bome is verdroog. Dit is of ’n vuur alles rondom ons weggebrand het.