Joel 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoor dit, ou manne, en luister, alle inwoners van die land. Was dit in julle dae of selfs in die dae van julle vaders?
Afrikaans (NLV) 2011
Luister, leiers van die volk! Ook al julle inwoners van die land, luister hierna! Het so iets al vantevore in julle geskiedenis gebeur?
Afrikaans 1933/1953
Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?
Afrikaans 1983
Luister hierna, leiers van die volk, gee aandag, al die inwoners van die land! Het so iets al in julle tyd gebeur of in dié van julle voorvaders?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister hierna, oudstes, gee aandag, al die inwoners van die land! Het so iets al in julle leeftyd gebeur, of in die leeftyd van julle voorouers?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle wat leiers is, moet luister, julle almal wat in die land woon, moet hoor wat die Here sê. Die dinge wat nou gebeur, het nog nooit voorheen gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Luister hierna, leiers van die volk! Maak oop julle ore, inwoners van die land! Het julle al ooit so iets in julle geskiedenis beleef?