Joel 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook roep die diere van die veld na U, want die waterstrome het opgedroog, en die vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Selfs die wilde diere roep na U omdat hulle nie water het om te drink nie. Die stroompies het opgedroog en vuur het die weiding in die woestyn verteer.
Afrikaans 1933/1953
Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
Afrikaans 1983
Die diere in die veld wag op uitkoms van U af, want die spruite het opgedroog, 'n vuur het die weiveld verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs die diere van die veld smag na U, omdat die spruite opgedroog en vuur die weiding in die woestyn verteer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ook die wilde diere wag dat U help, want daar is nie water in die riviere nie, en die veld waar hulle wei, het afgebrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Selfs die wilde diere van die veld wag dat U moet ingryp, want al die spruite het opgedroog. Daar is niks vir hulle om te eet of te drink nie. Die son het alles doodgebrand.