Joel 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vertel julle kinders daarvan, en laat julle kinders dit aan hulle kinders vertel, en hulle kinders 'n ander geslag.
Afrikaans (NLV) 2011
Vertel dit vir julle kinders en julle kleinkinders en hulle weer vir geslagte wat nog kom.
Afrikaans 1933/1953
Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en hulle kinders aan die volgende geslag:
Afrikaans 1983
Vertel dit aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel, en dié weer aan húlle nageslag!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hiervan moet julle vir julle kinders vertel, en julle kinders vir hulle kinders, en hulle kinders vir die volgende geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet dit vir julle kinders vertel, en julle kinders moet dit vir hulle kinders vertel, en hulle kinders moet dit ook vir hulle kinders vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die jare wat kom, moet julle dit vir julle kinders vertel. Hierdie aaklige verhaal moet van geslag tot geslag oorvertel word.