Joel 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat die palmwurm oorgebly het, het die sprinkaan geëet; en wat die sprinkaan oorgebly het, het die kankerwurm geëet; en wat die kankerwurm oorgebly het, het die ruspe geëet.
Afrikaans (NLV) 2011
Snysprinkane het die oes kom opvreet. Wat oorgebly het, het die swerm sprinkane verder verorber. Ná hulle het die jong sprinkane gekom, en wat hulle nog oor gelos het, het nog ’n swerm kom opvreet!
Afrikaans 1933/1953
Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.
Afrikaans 1983
Wat nie deur die eerste sprinkaanswerm opgevreet word nie, word deur 'n volgende opgevreet; wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n derde, en wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n vierde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat die ruspes laat oorbly het, het die treksprinkane opgevreet; wat die treksprinkane laat oorbly het, het die voetgangersprinkane opgevreet, wat die voetgangers laat oorbly het, het die kaalvretersprinkane opgevreet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar het baie sprinkane gekom, hulle het vier maal gekom, en elke maal het hulle al die plante opgevreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die een swerm sprinkane na die ander het in julle oeste ingevaar. Wat die een swerm gelos het, het die volgende een verwoes. Hulle het aangehou om in julle oeste in te vlieg totdat hulle alles opgevreet het.