Joel 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ontwaak, julle dronkaards, en ween; en huil, alle wyndrinkers, oor die nuwe wyn; want dit is van jou mond afgesny.
Afrikaans (NLV) 2011
Word wakker, al julle dronklappe! Huil! Al julle druiwe is tot niet, julle nuwe wyn is vir julle verlore!
Afrikaans 1933/1953
Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.
Afrikaans 1983
Word nugter, dronkaards, en huil; kla oor die wyn wat julle nie meer sal kry nie, al julle wynsuipers!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Skrik wakker, dronkaards, en huil, huil verdrietig, alle drinkebroers, oor die sap van druiwe, want dit is voor julle monde weggeruk!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat altyd dronk is, moet nou wakker word en huil. Almal wat lief is vir wyn, moet huil, want daar is niks wyn om te drink nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Word wakker en huil, julle klomp dronklappe! Al die druiwe waarmee julle nuwe wyn wou maak, is verwoes. Huil oor die wyn wat julle nie meer sal drink nie, julle spul wynsuipers!