Joel 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want 'n nasie het opgetrek oor my land, sterk en ontelbaar, wie se tande die tande van 'n leeu is, en hy het die wangtande van 'n groot leeu.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Verskriklike groot en magtige nasie het my land ingeval. Die nasie se tande is so skerp soos dié van leeus!
Afrikaans 1933/1953
Want 'n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos 'n leeuin.
Afrikaans 1983
'n Volk trek op teen my land; die volk is sterk en sonder getal; sy tande is soos dié van 'n leeu, sy kakebene soos dié van 'n leeumannetjie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want, 'n nasie het opgetrek teen my land, magtig en ontelbaar. Hulle tande is die tande van 'n leeu, hulle het die kake van 'n leeuwyfie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die sprinkane was soos soldate wat sterk en baie is. Hulle het die land aangeval, hulle het tande en kakebene soos leeus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Groot sprinkaanplaag het ons land getref; hulle is verskriklik sterk, te veel om te tel. Hulle tande is vlymskerp soos dié van ’n leeu.