Joel 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het my wingerdstok verwoes en my vyeboom geblaf; Hy het dit kaal gemaak en weggegooi; sy takke word wit gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het my wingerde en vyebome vernietig. Hulle het die bas afgetrek en die wit, kaalgestroopte takke weggegooi.
Afrikaans 1933/1953
Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit hetl sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.
Afrikaans 1983
Hy het my wingerd verwoes, my vyeboom afgebreek, dit kaalgestroop en laat lê; die lote se bas is afgevreet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het verwoesting aangerig in my wingerd, en van my vyebome fynhout gemaak. Hulle het dit heeltemal kaal gestroop, dit laat val; die druiweranke staan wit gebleik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het die vyebome kaal gevreet en hulle het ook die wingerde verwoes. Hulle het die bome se bas afgevreet en uitgespoeg, die takke is kaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het ons wingerde verwoes en al ons vyebome opgevreet. Hulle het selfs die bas van die jong lote afgevreet. Net die kaal, wit stamme het oorgebly.