Joel 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Klaag soos 'n maagd wat met rouklere omgord is oor die man van haar jeug.
Afrikaans (NLV) 2011
Treur soos ’n jong meisie wat huil oor die dood van haar bruidegom.
Afrikaans 1933/1953
Weeklaag soos 'n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met 'n roukleed omgord is.
Afrikaans 1983
Julle moet rou soos 'n bruid rou oor haar bruidegom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Huil soos 'n jongmeisie wat rouklere aantrek oor die verloofde van haar jeug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet treur. Julle moet huil soos 'n jong meisie wat treur omdat haar verloofde dood is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Huil van hartseer soos ’n jongmeisie wat rou oor haar verloofde wat dood is voordat hulle kon trou.