Joel 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die spysoffer en die drankoffer word uit die huis van die HERE uitgeroei; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is nie graan of wyn om by die tempel van die Here te offer nie. Die priesters wat diens doen vir die Here treur daaroor.
Afrikaans 1933/1953
Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.
Afrikaans 1983
Die graanoffer en die drankoffer is weggeneem uit die huis van die Here. Die priesters wat in die diens van die Here staan, treur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die voorsiening van •graan- en •drankoffers aan die •tempel van die Here is afgesny. Die priesters treur, hulle wat in diens van die Here staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is nie koring-offers en drank-offers by die tempel van die Here nie. Daarom treur die priesters wat vir die Here werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Luister hoe huil die priesters omdat daar nie koring of wyn is om by die tempel aan die Here te offer nie.