Joel 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Blaas die basuin in Sion en blaas alarm op my heilige berg; laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want dit is naby;
Afrikaans (NLV) 2011
Blaas op die trompet in Jerusalem! Maak alarm op my heilige berg! Al die inwoners van die land bewe van vrees, want die Dag van die Here kom en is naby.
Afrikaans 1933/1953
Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby --
Afrikaans 1983
Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op my heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, want die dag van die Here kom, dit is naby:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Blaas die •ramshoring op Sion, maak alarm op my heilige berg! Al die inwoners van die land moet bewe, want die dag van die Here is aan die kom, ja, dit is naby!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet die ramshoring blaas en hard skree op my gewyde berg Sion. Almal wat in die land woon, moet bewe, want die dag van die Here kom nou, die dag is naby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Blaas op trompette in Sion om die mense te waarsku, maak ’n groot geraas op die berg daar in Jerusalem waar my tempel staan! Bewe, mense van Juda, want die dag waarop die Here na ons toe kom, is naby!